AGRI – Agri Groei, Robuustheid & Impak
Doelgerigte vooruitgang
in landbou
Ons waardevoorstel vir die landboubedryf is uniek in die wêreld van bestuurskonsultasie en is gebou rondom 4 kerndienspilare om u marges te verhoog, u doeltreffendheid te verhoog, u kapitaalgebruik te optimaliseer en die veerkragtigheid van u besigheid te verbeter. Ons weet ook baie goed dat elke landboubedryf sy unieke werkswyse en uitdagings het, en ons doen die werk om u konteks te verstaan voordat ons oplossings voorstel.
Ons verstaan die groot pyn punte in boerdery
1.
STYGENDE
INSETKOSTE
Brandstof, kunsmis, saad, en arbied koste hou aan klim, wat winsgewendheid onder druk sit.
2.
ONEFFEKTIEWE
DEURSET
Oneffektiewe hulpbronbestuur, vermorsing, swak berging en onbetroubare prosesse verminder uiteindlike opbrengs van die land af.
3.
SUKKELENDE LOGISTIEK
Gapings tussen
die plaas, die prossessering en
die verspreider veroorsaak vertragings en waarde lekkasie.
4.
ONEFFEKTIEWE KAPITAAL
Onvoldoende kapitale projek beplanning, wat lei tot kontant-vloei knelpunte in die korttermyn en swak projek uitvoering.
5.
STRATEGIE EN NALATENSKAP
Gebrekkige verstaan van waar om in die mark te speel, hoe om te “wen”, en kommer oor oorhandiging van die besigheid aan ‘n bekwame volgende geslag.
Wat is ‘n bestuurs-konsultant?
Diagnostiese Diepduik
Aanvanklike data-insameling, analise, onderhoude, besoeke aan die perseel.
Grootte van die geidentifiseerde geleentheid en waarde.
Aanvanklike plan en hulpbronbelyning om waarde te lewer.
Impak deur Implementering
Ons werk onvermoeid om die geïdentifiseerde waarde te lewer.
Saam met jou en jou span bou ons vermoë en vaardigheid om die verbetering te volhou.
Hersiening na
Implementering
Ons hersien die resultate 6 tot 12 maande na voltooiing van die projek.
Hersiening van doeltreffendheid en versekering dat vaardigheid-soordrag gehandhaaf word.
Strategiese
Ingrypings
Strategie en Besigheids Transformasie
Verkoop jy in die regte mark/streek? Hoe belyn ons jou strategie met jou boerdery se potensiaal? Is jou opvolgings program in plek?
Bestuursprosesherontwerp
Minder oneffektiewevergaderings. Beter, feit-gedrewebesluite. Almal trek saam in dieselfderigting.
Slimmer Belegging
Behoorlike Omsigtigheid
Voor u geld, tyd of mark reputasie spandeer op besluite, maak ons seker dis die sous werd. Ons werk deur die syfers en help bou die besigheids plan.
Slim Kapitaal
Ons help u om meer waarde, met minder vertraging en verassings uit kapitale projekte te tap. Maak die regte belegging, en lewer dit op schedule en begroting af.
Voortdurende
Verbetering
Ons ontsluit effektiwiteit in u bedrywighede deur die waarde-drywers teverstaan, en te verbind aan ware impak
Koste Optimering
We meete u vaste en veranderlike kostes aan industrie maatstawwe en help dit daadwerklik verminder.
Vervoerketting Verskerping
End-tot-end optimering en vermindering van verliese.
Operasionele Effektiwiteit
Toekomsgerigte Veerkrag
Data Volwassenheid, Digitalisering en “AI”
Ons help om u data skoon te maak, reg te gebruik, insigte te ontgin en tegnologie in te span wat vooruitstrewend is maar ook sin maak vir u bedryf.
Praktiese Energie en Hulpbron Vernuwing
Ons help u om koste te sny, risiko te verminder, en beheer te neem oor u energie verbruik, saam met ons erkende vennote.
Vaartbelynde Uitvoering en Ondersteuning
Goeie idees beteken niks as dit nie geïmplimenteer word nie.